Vrou van ‘baasbrein’ staan by toe Mooinooi-vroue verkrag is

Die twee vroue in die Mooinooi-moordsaak.

Dit was van die skokkende getuienis wat die Brits-landdroshof Maandag gehoor het tydens die borgaansoek van agt beskuldigdes in die moordsaak van Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk wat op 10 Desember van hul plaas in Mooinooi verdwyn het. Hul uitgebrande motor en verbrande beendere, wat vermoedelik dié van die twee vroue is, is kort daarna gevind.

Volgens kolonel Isaac Thlape, die ondersoekbeampte in die moordsaak van Anisha en Joey, het die 21-jarige vrou glo die koopkontrak van die plaas aan van die ander beskuldigdes gegee om die slagoffers met ‘n vuurwapen te dwing om dit te teken.

Die dag na die slagoffers brutaal verkrag, vermoor en hul liggame verbrand en die beendere weggegooi is, het sy opdrag van die ‘ baasbrein’ die misdaadtoneel skoongemaak het.

Hy het ook getuig dat die 18-jarige meisie van die ‘baasbrein’ se 29-jarige seun volgens getuies glo saam was toe die vermoorde vroue se verbrande beendere in die veld weggegooi is en dat sy in opdrag van die ‘baasbrein’ die misdaadtoneel skoongemaak het. “Die dag na die slagoffers brutaal verkrag, vermoor en hul liggame verbrand en die beendere weggegooi is, het sy opdrag van die ‘ baasbrein’ gekry om die toneel skoon te maak, wat sy wel gedoen het,” het Thlape getuig. “Haar betrokkenheid maak haar deel van hierdie moordsaak.”

Hy het ook getuig dat hy ‘n selfoon in haar besit in die polisieselle gevind het. “Sy het met hierdie selfoon iemand gebel en opdrag gegee om die vemoorde vroue se ringe en horlosie, wat weggesteek was, te verwyder. Dieselfde selfoon is vermoedelik deur die 29-jarige seun gebruik om ‘n whatsapp-boodskap vir ‘n vriend te stuur. Die boodskap het gelui: Ons is in ernstige moeilikheid, my pa het iemand doodgemaak.”

Die 29-jarige seun van die ‘baasbrein’ het hierop sy kop herhaaldelik in die getuiebank geskud. Sy agttienjarige meisie het hardop gelag toe die ondersoekbeampte sê hy weet nie presies wanneer sy in hegtenis geneem is en of sy dalk met ander ook gekommunikeer het om getuienis te verwyder nie. Die ‘baasbrein’ se 21-jarige vrou het ook hardop ‘n aanmerking gemaak toe Thlape getuig het dat sy vir die polisie gevlug het. Landdros Semakuleng Thamage het hierop die beskuldigdes gewaarsku dat hulle slegs deur hul regsverteenwoordigers mag kommunikeer.

Sien ook:  18-year-old allegedly raped both Mooinooi murder victims

Thlape het ook vyf briewe voor die hof gebring wat in die ‘baasbrein’ se besit in die polisieselle gevind is. Volgens Thlape is dit aan sy vrou en mede-beskuldigde, en sy broer geskryf.  Staatsaanklaer Christine Molautsi het gevra of hy die briewe aan die hof sal voorlees waarop hy geantwoord het sy Afrikaans is nie so goed nie. Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers, Ofentse en Pontsho Raikane het beswaar aangeteken en het die briewe se geldigheid bevraagteken. Die briewe was aan “My skat” en “Baby” gerig en die regsverteenwoordigers het daarop gewys dat dit nie bewys dit is aan sy vrou geskryf nie. Landdros Thamage het beslis dat hy nie die nodigheid sien om liefdesbriewe op die hofrekord in die hof te lees nie. “Hoe hou dit met die borgaansoek verband? Daar moet ‘n verband met die inhoud en die misdaad wees en ek sien dit nie.” Molautsi het gesê dat sy Afrikaans verstaan en dat daar beslis ‘n verband is, waarop sy daarop gewys is dat sy dit voor die beslissing moes gesê het.

Oor die 29-jarige seun van die ‘baasbrein’ se rol in die misdaad, het Thlape gesê hy het die vermoorde vrou se motor na Magaliesburg gery waar dit verbrand is. Hy het na bewering ook die motor bestuur toe die vroue se oorskot in die veld weggegooi is. Die beskuldige was hierop duidelik ontsteld en het met sy regsverteenwoordiger, Pontsho Raikane, gekonsulteer.

Thlape het voorheen, en Maandag, aan die hof gesê geen van die beskuldigdes behoort borgtog toegestaan te word nie aangesien geen van hulle vaste blyplekke of werk meer het nie en dat hulle met getuienis mag peuter aangesien die plaas, waarop die meeste van hulle gewoon het, steeds ‘n misdaadtoneel is en die polisie se ondersoek voortduur. Hy het ook gesê dat hulle onder mekaar baklei en dat hulle eie veiligheid in gedrang is.

Die borgaansoek het tot Dinsdag verdaag wanneer die ondersoekbeamte deur die beskuldigdes se regsverteenwoordigers onder kruisverhoor geneem sal word.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Another attorney withdraws from Mooinooi murder case

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: