Twee beskuldigdes in Mooinooi-moordsaak in hegtenis vir nog ‘n moord

Die 52-jarige paneelklopper en een van sy werkers is kort na afloop van die borgaansoeke in die polisieselle in hegtenis geneem en in voetboeie deur die polisie se taktiesereaksie-eenheid na Rustenburg vervoer om Woensdagoggend op aanklagte van moord in die Rustenburg-hof te verskyn.
Hulle word verbind met die moord van Amanda Janse van Rensburg wat in 2014 op haar plaas in Rustenburg doodgeskiet is.
Adjudant-offisier Jannie van der Walt van die Rustenburg polisie het verlede maand tydens die borgaansoek van die agt verdagtes in die Mooinooi-moordsaak getuig dat die sogenaamde ‘baasbrein’ agter die ontvoering en moorde van Anisha en Joey, en een van sy werkers verdink word van die moord op Janse van Rensburg. Volgens Van der Walt het die ‘baasbrein’ Janse van Rensburg se eiendom gekoop en albei het tydens die kooptransaksie polisse uitgeneem. Slegs twee maande daarna is Janse van Rensburg op haar plaas beroof en doodgeskiet. Haar polis van R1.8 miljoen is hierna aan die ‘baasbrein’ uitbetaal. Die plaas is egter nooit in sy naam oorgeplaas nie omdat Janse van Rensburg nie die koopkontrak geteken het nie.
Die werker, wat Dinsdag saam met hom in die hof in hegteis geneem is, is deur ‘n getuie sien weghardloop vanaf die moordtoneel, maar dié getuie het eers in Januarie 2017 na vore gekom en die werker is kort daarna op die ‘baasbrein’ se plaas in Mooinooi in hegtenis geneem.
Van der Walt het getuig dat die werker na vier verskynings in die hof, op borgtog vrygelaat is en dat die saak later van die hofrol geskraap is. Met die inhegtenisname van die agt verdagtes in die Mooinooi-moorde, is die saak op die hofrol teruggeplaas.
Hy het aan die hof gesê dat ‘n ooggetuie in 2017 na vore gekom het en dat hy vroeër vanjaar nog ‘n ooggetuie, wat wegkruip na doodsdreigemente deur die ‘baasbrein’, opgespoor het.
‘n Derde beskuldigde in die Mooinooi-saak is ook ‘n getuie in die Rustenburg-saak.
Die ondersoekbeampte in die Mooinooi-saak het vroeër getuig dat dit “verrassend is dat by al die plekke waar die baasbrein gewoon het, liggame gevind is. Ons het nou al vyf liggame.”
Menslike oorskot is op sy plaas in Buffelsfontein by Rustenburg gevind, ‘n lyk is in ‘n drein in Koster, waar hy gewoon het, gekry, en ‘n hangende liggaam is in ‘n boom op sy erf in Rustenburg gevind.

Sien ook: “Mooinooi women were hanged and their bodies thrown in dustbins”, says policeman

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Mooinooi-moordsaak – nog ‘n moord betrek

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: