Twee dood in Paasnaweek-ongelukke

‘n Persoon is Saterdagoggend dood na ‘n ongeluk op die R511 by die Xanadubrug in Rietfontein.

Die ernstig-beseerde persoon is met kopbeserings na die Brits Distrikshospitaal geneem en later na die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa oorgeplaas waar hy weens sy beserings dood is. Nog twee mense wat in die ongeluk beseer is, is na die Brits Distrikshospitaal geneem.

• Een persoon is Donderdag dood en nog een is ernstig beseer toe twee voertuie op die N4 by die Bapong-weegbrug naby Brits gebots het. Die beseerde is na die Brits Distrikshospitaal geneem vir behandeling.
• ‘n Motoris was Vrydag gelukkig om met slegs nie-ernstige beserings te ontkom toe sy kar op die Thabazimbipad gerol het. Hy is na Mediclinic Brits geneem.
• In nog ‘n enkelvoertuig op die Thabazimbipad Vrydag, is twee mense beseer. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en albei is na ‘n hospitaal in Brits geneem vir behandeling.
• ‘n Onbekende aantal mense is Saterdagoggend beseer toe twee taxis en ‘n kar op die nuwe Lethlabilepad by Best End gebots het. Al die beseerdes is na die Brits Distrikshospitaal geneem.
• ‘n Vrou het Sondag ernstige rugbeserings opgedoen toe ‘n voertuig in Schurveberg oor haar gery het. Sy is na die Kloof Hospitaal in Pretoria geneem vir behandeling.
• ‘n Vrou is Sondag in ‘n enkelvoertuigongeluk op die Pretoria-Noordpad op Silkaatsnek beseer. Die ongeluk het op die sypad op Silkaatsnek plaasgevind. Beide die insittendes van die voertuig is na die Brits Distrikshospitaal geneem.

Een persoon is Donderdagoggend dood in ‘n ongeluk op die N4 naby Brits.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Drie dood in gru-ongelukke

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: