Ma en kinders in plaasaanval aangerand

Annemarie Carvalho (37) en haar dogters, 9 en 12, het geslaap toe twee rowers ‘n staal- en skuifdeur na die huis oopgebreek het.

“Ek het kort na middernag wakker geword van flitsende ligte in die sitkamer. Ek het opgestaan om te gaan kyk en toe ek by die sitkamer inkom, het ek my in hulle vasgeloop. Een het my gegryp en met ‘n knuppel in die gesig geslaan. Ek het geval en geskree en met hulle probeer stoei. My kinders het wakker geword en toe my dogters  kom kyk wat aangaan, het hulle die kinders ook gegryp en met ‘n sambok geslaan,” het Annemarie aan Kormorant gesê.

Die rowers het gevra vir geld en Annemarie en die twee kinders herhaaldelik met albei wapens geslaan. “Hulle het my in ‘n stadium oor die vloer gesleep en my oudste het vir hulle geskree om my uit te los. Hulle het haar gegryp en teen die muur gestamp. Toe is hulle na ons kamer toe waar hulle ‘n skootrekenaar en selfone gevat het, asook die werk se skootrekenaar in die sitkamer voor hulle weg is.”

Annemarie en die kinders het na die bure gehardloop en oor die hek geklim om hulp te vra. Lede van die Brits gemeenskapspolisiëringsforum, MonitorNet en Lowveld Sekuriteit, sowel as M.A.T.E.R-ambulansdienste was vinnig op die toneel, gevolg deur die Mooinooi polisie.

Annemarie en die kinders het ernstige wonde opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling.

“Ek weet nie wat hulle so skielik laat vlug het nie. Ek glo God se engele was by ons. Die kinders is baie getraumatiseerd. My ouers, wat saam met ons hier gewoon het, is albei in Maart en April oorlede en ons sukkel nog om dit te verwerk, en nou hierdie ook. Ons gaan die plaas verlaat en verkoop.”

Sien ook: Brits guesthouse owner shot

Die Mooinooi polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Sheriff and daughter held at gunpoint during armed house robbery

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: