Polisie gee verkeerde DNS uitslae in Mooinooi-moorde

Joey se familie moes op 26 April in die Brits-landdroshof hoor dat die verbrande beendere wat op die moordplaas in Buffelsfontein gevind is, dié van Joey is. Anisha se oorskot was toe, volgens die polisie, nog nie gevind nie.
Joey se tannie, Joey Burnard, is Vrydag deur die ondersoekbeampte, kol Mojafela Nkosi oor die foon ingelig dat daar ‘n fout was en die DNS-verslag “verkeerd gelees” is. Hy het aan haar gesê die oorskot is dié van Anisha. Ek het Anisha se familie gekontak en verneem dat die polisie nog nie met hulle in kontak was nie. Ek moes hulle, sowel as Joey se suster en broer vertel. Dit was baie moeilik,” het Burnard aan Kormorant gesê.
Dit was reeds vir Joey se familie ‘n groot skok om die ‘uitslae’ in die hof te moes hoor. “Maar ten minste kon ons begin om haar dood te verwerk. Ons het reeds begin reëlings tref om haar oorskot te gaal haal en ‘n roudiens te reël, en nou dit,” het Joey se suster, Rina Payne gesê. “Dit voel of alles van voor af begin.”
Die polisie het dié week gereageer deur te sê hulle vra om verskoning vir die ongerief aan die families. “Daar was ‘n fout in die hof gemaak,” het polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mpeile Talane, gesê.
“Nou sê die polisie hulle is jammer, maar hulle het nie ‘n idee wat hulle aan die families gedoen het nie,” het Burnard gesê.
Joey en Anisha het in Desember van hul plaas in Mooinooi verdwyn. Hul uitgebrande motor is later naby Magaliesburg gevind. en die oorskot op die plaas van ‘n paneelklopper, wat ‘n werkswinkel by die twee vroue gehuur het.
Die 52-jarige paneelklopper, die sogenaamde ‘baasbrein’ agter die moorde, sy vrou (21), sy seun (29) en dié se meisie (18), twee van sy werkers (23 en 18) en nog twee mans (35 en 36) word beskuldig van moord, sameswering tot moord, ontvoering, verkragting, roof met verswarende omstandighede en inbraak.
Die ‘baasbrein’ se vrou, seun en sy meisie is borgtog toegestaan. Die agt beskuldigdes verskyn weer op 25 Mei in die Brits-landdroshof.

Sien ook: Moordplaas bene Joey s’n

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Police have eyewitnesses in Mooinooi murders

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: