Groot pret by die bosveldfees

Brendan Peyper

Die fees skop Vrydag 25 Mei af met ‘n Konkakonsert teen slegs R150 per persoon. Geniet skaap op die spit met die heerlikste bykosse en nagereg terwyl Kevin Leo sorg vir vermaak.
Saterdag begin verrigtinge om 08:00. Toegang is gratis. Bring jou stoel en ontspan heerlik onder die bome terwyl kunstenaars soos die Final Cut-orkes, Pieter Koen, Brendan Peyper en Andriëte Norman sorg vir musiek. Groot pret en plesier word beloof. Daar is ‘n spesiale Kinderland, ‘n massiewe tombola met meer as 5 300 pryse om te wen, ‘n skiet-en-spinkompetisie en selfs ‘n spookhuis. Neem deel aan die skyfskietkompetisie, snuffel vir skatte by Die Smous Kouse, koop boeke by die Bosveld Bib en ‘n groenigheid vir jou tuin by die Tuin van Eden.

Getrou aan ‘n basaar, sal daar ook meer as genoeg te ete en te drinke wees. Hamburgers, biltong, mampoer, kerrie-en-rys, pannekoek, vetkoek, sosaties en skaap spitbraai, pap en kaiings en afval, koffie en tee en bierproe is net ‘n paar van die heerlikhede wat te koop sal wees. Dames van die gemeente is ook hard aan die bak aan meer as 1 800 pakke koekies, 700 pakke beskuit en 2 600 groot koeke wat te koop sal wees.
Die veiling begin om 10:00.

Almal is baie hartlik welkom om die spesiale dag met hul gesinne, familie en vriende te geniet.
Die fees vind plaas op die kerkwerf op die hoek van Scott- en Maraisstraat, Schoemansville in Hartbeespoort.
Vir meer inligting kontak Maxi Brits by 012 253 0146.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: