Staat erken hy het geen saak teen Matthew Benson

Matthew Benson

Regter JJ Hattingh het Benson op waarskuwing, om Maandag vir die uitspraak in die hof te verskyn, vrygelaat. Benson is sedert sy inhegtenisname op 16 September verlede jaar in aanhouding na hy in die Brits landdroshof borgtog geweier is.
Hy is daarvan beskuldig dat hy Tebogo Ndlovu op 2 Augustus 2017 geskiet het toe dié en twee makkers skrootmetaal op die plaas probeer steel het. Ndlovu se ‘liggaam’ is nooit gevind nie en die twee makkers het beweer dat hy gewond is, maar dat hulle hom nie kon saamdra toe hulle gevlug het nie. Matthew is van moord en poging tot moord aangekla ten spyte daarvan dat die staat skynbaar geen bewyse gehad het nie.
Regter Hattingh het met aanvang van die hofsaak beveel dat geen persdekking toegelaat word tot die staat sy saak afgesluit het nie.
Advokaat Jaap Cilliers vir Benson, het na afsluiting van die staat se saak, Maandag ‘n aansoek om ontslag ingevolge artikel 174 gebring, maar dit is deur die hof afgewys en Benson moes Woensdag getuig. Die staat het nie sy getuienis betwis nie en staatsaanklaer, advokaat Alicia Roos, het toegegee dat die staat nie ‘n saak het nie en dat die vervolging en aanhouding van Benson onregmatig was.
Regter Hattingh het gesê die staat se getuies weerspreek mekaar.
Op Cilliers se vraag of die staat Benson se vrylating tot en met die hof se uitspraak, sal teenstaan, het Roos gesê Benson moet vrygelaat word. Regter Hattingh het saamgestem. Hy sal Maandag uitspraak lewer.

Sien ook: Matthew Benson appears in court

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Matthew is vry

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: