Matthew is vry

Matthew Benson (24) en sy pa in 'n emosionele omhelsing by die Gauteng Hooggeregshof.

Regter JJ Hattingh het Maandagoggend beslis dat die staat nie daarin geslaag het om hul saak bo redelike twyfel te bewys nie. “Ek verwerp die weergawe van Benny Lerumo (een van die staatsgetuies) dat hy in staat was om die beskuldigde as die skieter te identifiseer. Lerumo het nie geskroom om onder eed te jok nie. Sy getuienis word vals bevind weens die weersprekings in sy verbale getuienis en die teenstrydighede in sy verklarings,” het Hattingh gesê.
Benson is verlede Woensdag vir die eerste keer na sy inhegtenisname in September verlede jaar, op waarskuwing om Maandag vir die uitspraak in die hof te verskyn, vrygelaat.
Hy is daarvan beskuldig dat hy Tebogo Ndlovu op 2 Augustus 2017 geskiet het toe dié en twee medepligtiges skrootmetaal op die Bensons se plaas probeer steel het. Ndlovu se ‘liggaam’ is nooit gevind nie en die twee makkers het beweer dat hy gewond is, maar dat hulle hom nie kon saamdra toe hulle gevlug het nie. Matthew is van moord en poging tot moord aangekla.
Regter Hattingh het gesê die staat se twee getuies (Lerumo en die polisie ondersoekbeampte) het mekaar weerspreek.
Matthew se broer, Alex, het kort na die uitspraak gesê die familie is verheug dat geregtigheid geskied het en dat hulle later met die Kormorant sal praat.

Sien ook: Staat erken hy het geen saak teen Matthew Benson

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Staat erken hy het geen saak teen Matthew Benson

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: