ATKV, Lotto en besighede open Sunway-kleuterskool

Die Bana ba Lesedi kleuterskool het verlede week sy deure geopen danksy die skenking van die grond deur Shadeport Systems, ATKV Handevatprojek en geld van die nasionale lotery. Byna R400 000 is spandeer om ‘n skuur in ‘n kleuterskool te omskep. Die kleurvolle, en ten volle toegeruste skooltjie, beteken ‘n merkwaardige verandering in die lewens van die 80 kinders wat nou die kleutelskool bywoon.

Dié kleuterkool volg in die voetspore van die Ennis Thabong kleuterskool wat in 2010 in samewerking met Cargo of Dreams, ATKV en die destydse Doxa Deo skool geopen is.
“Die drome van ‘n tweede skooltjie in Sunway het vlerke gekry toe Shadeport Systems, wat grond langs Sunway besit, hul eiendom teen R0 per jaar vir die volgende tien jaar beskikbaar gestel het,” sê Amelia van der Walt, beskermvrou van Bana ba Lesedi. ‘n Ou fabriek op die terrein is in ‘n kleurvolle voorskoolse kindersorgsentrum omskep.
Die hoof van die skooltjie is Lorraine Maake, ‘n gemeenskapsleier wat ‘n groot rol in die opening van die Ennis Thabong kleuterskool gespeel het.

“My hoop is dat hierdie skole sal voortgaan on kinders te help om die struikelblokke van armoede te oorkom. Dié skole is ‘n plek van hoop vir kinders en onderwysers. Elke dag as ek met hierdie kinders werk, herinner ek myself daaraan dat wanneer jy die hart van ‘n kind aanraak, raak jy ook God se hart aan,” sê Lorraine.
Skenkings vir die kleuterkool sal verwelkom word. Kontak Lorraine by 072 947 4616 vir meer besonderhede.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Jason to represent SA at World cup

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: