Hond hou dief in swembad aan

Jes die brawe boerboel.

Jody Gabrielson was omstreeks 01:00 Sondag nog besig om televisie te kyk in sy huis in Ou Wapad in Ifafi, toe die oortreder oor sy muur gespring het. “Hy het Jes, ons boerboel, wakker gemaak en ek het haar hoor blaf. Toe ons by die venster uitkyk, sien ons hoe hy oor die muur klim, maar toe hy grond vat, toe is Jes by hom,” het Gabrielson gesê.
Die man het probeer wegkom van Jes en sy het hom die swembad ingejaag. “Toe ek buite kom, sit sy op die rand van die swembad en knor vir die oortreder as hy beweeg. Toe ek haar roep toe spring hy uit die swembad en hardloop na ‘n muur tussen my en die bure. Wat hy nie geweet het nie, was dat daar ‘n paar pitbulls aan die anderkant gewag het. Hy het vinnig van plan verander en na my teruggedraai en met ‘n byl op my afgestorm.”
‘n Worsteling het ontstaan en Gabrielson se vrou het intussen die buurtwag en PWV Sekuriteit gekontak vir hulp.
Clive Fisher van die sekuriteitsmaatskappy was binne oomblikke op die toneel, met die buurtwag kort op sy hakke, en die oortreder is in hegtenis geneem. Huisbraaktoerusting is in sy besit gevind.
“Ek het aan die man gesê hy besef seker hy het nou by verkeerde plek probeer inbreek,” het Clive gesê.
Die oortreder is van betreding en besit van huisbraaktoerusting aangekla.
En Jes het ‘n biefstuk of twee gekry!

Sien ook: Brave car guards nab hijackers

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Top drie in Bojanala.

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: