Valiant Swart by Dozi’s Back to the Blues

Dié sanger is al sedert die negentigs ‘n instelling op Suid Afrikaanse musiekverhoë. Sy eiesoortige, sielvolle blues, folk en country-rock, versny met inheemse kwela en boeremusiek, en sy bekroonde stories en lirieke, het deur die jare aan hom ‘n groot, lojale gevolg besorg. Sy treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ het volksbesit geword, en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars het van sy liedjies opgeneem. Hy het letterlik duisende optredes dwarsoor Suid-Afrika en in die buiteland op sy kerfstok – van kroeë en rockfeeste, tot teaters en reuse galavertonings by Sun City, kunstefeeste en meer.
Valiant se solo-optredes het reeds legendariese afmetings aangeneem. Met sy akoestiese kitaar en bekfluitjie kombineer hy sy klassieke liedjies – soms aangrypend, soms hartseer, soms lig en speels en gewoon skreeusnaaks – met die vertelstyl van ‘n ware raconteur.

Wen 1 van 5 dubbel kaartjies vir die vertoning! Stuur jou selnommer aan [email protected] voor 12:00 Vrydag 27 Julie 2018.
Kaartjies is R100 per persoon. Die vertoning begin 20:00. Kontak 082 423 4079 of besoek Dozi’s Back to the Blues se facebookblad vir besprekings en navrae.

  AUTHOR
Kormorant

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: