Hartbeespoort buurtwaglid geskiet toe hulle verdagtes jaag

Kobus Bekker

Kobus Bekker, ‘n lid van die Schoemansville-buurtwag is in die skouer getref en per noodhelikopter na die Millpark Hospitaal gevlieg waar hy Vrydagoggend geopereer sou word om die koeël(s) te verwyder.
Kobus en nog lede van die Schoemansville-buurtwag het net voor 03:00 in dié buurt van Hartbeespoort gaan ondersoek instel na ‘n groep van ongeveer vier verdagtes op veiligheidskameras opgemerk is.
“Kobus en ander lede is uit na waar die verdagtes opgemerk is. Die groep van vier het gehardloop en oor ‘n erf se muur gespring. Toe Kobus by die muur kom, het een van die verdagtes teruggespring en bo-op Kobus beland. Kobus het hom gegryp en toe skiet die man hom in die skouer,” het Kobus se vrou, Nellie, aan Kormorant gesê terwyl hulle gewag het dat Kobus teater toe geneem word vir die operasie. “Hy is stabiel.”
Inwoners van Schoemansville sê die groep verdagtes is die afgelope ruk gereeld in die gebied opgemerk en op sekuriteitskameras vasgevang.
Die Hartbeespoort-polisie ondersoek die saak.
Meer besonderhede sal later gegee word.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hartbeespoort represented at Craven week

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: