Bejaarde man (77) in plaasaanval geskiet

Gerhard en Beatrice Badenhorst het geslaap toe die rower ongeveer 02:00 ‘n sekuriteitshek van die huis se voordeur oopgebreek het.
“Toe my pa wakker word, toe staan die rower met ‘n mes by hom en eis die kluissleutels. My pa het sy vuurwapen, wat by hom was, gegryp, maar die rower het daarin geslaag om dit af te neem en het my pa geskiet,” het die egpaar se seun, Johan Badenhorst, wat ook op die plaas woon, aan Kormorant gesê.
Die rower het gevlug na hy Gerhard geskiet het.
Die egpaar het hul seun gebel en terwyl hy na hulle huis gehardloop het, het hy die rower sien weghardloop. Die Krokodil Gemeenskapsbeskermingsgroep se hulp is ingeroep en lede en spoorsnyers was binne minute op die toneel.
“Ons spoorsnyers het net een spoor gevind. Die rower was waarskynlik alleen,” het Chris Degenaar van die Krokodil Gemeenskapsbeskermingsgroep gesê.
Gerhard is hospitaal toe geneem. “Gelukkig is dit net ‘n vleiswond en my pa is weer terug by die huis,” het Johan gesê.
“Die rower was so vermetel dat hy voor die tyd, terwyl my ouers nog geslaap het, reeds my ma se handsak, die selfone en klere gevat het en op die sitkamerbank gesit en deur die goed gegaan het. Hy het Afrikaans gepraat en ons vemoed dit is iemand wat die plaas ken of gereeld in die omgewing is want die honde het nie geblaf nie.”
Johan het nou ‘n R10 000-beloning uitgeloof aan die een wat inligting verskaf wat tot aankeer van die skuldige kan lei.
In nog ‘n voorval, is twee bejaarde mans 80 en 84, en ‘n 48-jarige vrou Donderdagoggend wreed deur drie aanvallers met ‘n tuinvurk en staalpyp in hul huis in Brits aangeval en beroof.
Volgens Brits-polisiewoordvoerder, sersant Tumelo Menyatso, het drie mans ongeveer 11:30 die drie inwoners in hul huis in Elandsrand oorval. “Die verdagtes was gewapen met ‘n tuinvurk en staalpyp.”
Die 80- en 84-jarige mans is wreed met die vurk en pyp aangerand en het ernstige beserings opgedoen. Die vrou is ook aangerand en het gesigbeserings opgedoen.
Die drie rowers het met ‘n televisiestel, klanktoerustig en ‘n pistool gevlug. Die twee bejaarde mans is in ‘n ernstige toestand na Mediclinic Brits geneem en een is later na ‘n ander hospitaal vervoer vir spesialisbehandeling.
“Die polisie versoek enigiemand met inligting om die polisie te kontak en te help om die verdagtes an te keer. Kontak die Brits polisie by 012 381 6077/6078 of speursersant Leonard Thoboka by 012 381 6034.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bernard tops in boogskiet

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: