Verdagte wil kind in hospitaal koop

Die polisie ondersoek nou die voorval en wag vir beeldmateriaal van die hospitaal om die verdagte(s) te identifiseer.
“Ek het my ma na die hospitaal se kliniek geneem vir medikasie en my baba-oppasser het ons vergesel,” het die jong ma van die baba en ‘n vierjarige seuntjie aan Kormorant gesê. Sy wil om veiligheidsredes nie haar naam bekend maak nie.
“Terwyl ek met my ma en die kliniek besig was, het ‘n vrou die oppasser genader en gesê sy wil die baba koop en wat is die prys. Ek het nie verstaan wat die vrou sê nie. Toe die vrou vir die tweede keer verby ons gestap, het die oppasser vir my gesê ons moet oppas, die vrou is ‘n Sangoma en sy wil die baba hê.
Sy het toe vir my gesê dat die vrou voorheen gevra het wat die prys vir die baba is.”
Intussen het drie mans wat voor hulle gesit het, met haar seuntjie begin raas. “Ons het besluit om te loop. Die drie mans het ons agtervolg. Toe ons by die hek kom, het die sekuriteit ons gestop en gesê ek moet die babastoeltjie oopmaak sodat hulle kan sien wat binne is. Die drie mans het heeltyd naby ons gestaan en is saam met ons deur die sekuriteitshek en agter ons aan. Ek het skielik vir my seuntjie gesê: Daar is jou pa en na ‘n bakkie gewys. Die mans het skielik omgedraai en is terug na die hospitaal.”
Sy het die voorval by die polisie aangegee. “Die polisie het aan my gesê hulle wag vir sekuritietskamera-beeldmateriaal om die verdagtes te identifiseer.”
Die Brits polisie het bevestig dat hulle bewus is van die insident en dat hulle met die hospitaal in kontak is oor beeldmateriaal.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Hond hou dief in swembad aan

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: