Tannie Nellie word 99

Dit is die woorde van tannie Nellie du Toit van Hartbeespoort wat vandeesweek haar 99ste verjaarsdag op 1 Oktober, omring met familie en vriende, gevier het.

Tannie Nellie, ‘n boorling van die Vrystaat, is in 1919 gebore. Na sy die grootste deel van haar lewe in die Vrystaat-omgewing deurgebring het, het sy twee jaar gelede na Hartbeespoort verhuis. Haar een seun, Giep du Toit, wat al 43 jaar in Hartbeespoort woonagtig is het aan Kormorant vertel van die menige oproepe wat tannie Nellie ontvang het op die viering van haar geboortedag. “Dit is ongelooflik hoeveel mense haar met haar verjaarsdag geluk gewens het. Die mense het haar ‘n volgende 99 jaar van geluk toegewens.”

Tannie Nellie, wie se man sowat 20 jaar gelede oorlede is, was ‘n huis- en boervrou haar lewe lank. Sy was wyd en syd bekend vir haar kalkoenboerdery.

“‘n Ekstra geldjie is maar altyd welkom. My kalkoenboerdery het darem genoeg gemaak om my seuns deur universiteit te sit.”

Wanneer mens so ‘n ryke ouderdom behaal, kyk mens graag met deernis terug op die verlede. “Ek het al soveel beleef en soveel gesien. Jy weet, toe ek jonk was, was daar nie soveel goed soos nou in die winkels nie. Ons moes maar self botter karring en brood bak. Ons was vyf kinders en nadat almal getroud is en rondgetrek het, was dit maar moeilik om met mekaar in kontak te bly. Daardie jare was daar nie goed soos selfone nie. Mens het maar per pos gekorrespondeer met familie en dan so twee keer ‘n jaar gekuier. Dit was altyd ‘n blye weersiens as ons gekuier het, maar so verskriklik hartseer as ons totsiens gesê het. My boetie, wat ongeveer 10 musiekinstrumente kon speel, was een van die eerste kunstenaars wat lewendige boeremusiek op die radio gespeel het.”

Die matrone by Huis van Velden, waar tannie Nellie woonagtig is, vertel dat tannie Nellie ‘n skerp sin vir humor het. “Wanneer ek aan diens kom en groet wil sy altyd weet of ek eers ‘n grappie wil hoor. En sy kan so lekker lag as sy ‘n goeie grappie hoor.”

En waaraan skryf sy haar lang lewe toe? “Ek het nie regtig ‘n geheim nie. Ek was nog nooit besonder gesond of atleties nie. Ek het wel ‘n positiewe uitkyk op die lewe en dit help ook seker. Ek dink as die dood eers verby jou is wanneer jy omtrent tagtig is, los hy jou maar uit. En genade van Bo…dit is seker een van die grootste redes hoekom ek so oud geword het. Maar ek kan wel onthou toe my kinders jonk was, het ons buurman se vrou gesterf. Die nuwe stiefma het die kinders so verniel dat ek myself daar en dan belowe het om myself so mooi op te pas dat my kinders nooit ‘n stiefma sou nodig kry nie.”

Meer oor tannie Nellie
• Haar gunsteling kos is ‘n hoenderboudjie en sy sal dit elke dag eet as sy kan.
• Tannie Nellie vertel graag vir mense stories van haar jongdae.
• Sy luister graag na RSG op die radio en hou almal in die tehuis op hoogte van die weer en die nuus.

  AUTHOR
Martie van Bavel
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Danielle kán spel

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: