update


Jongste oor De Wildt plaasaanval – Rower doodgeskiet, man ernstig beseer

Robbie Feldman (56).

Vier gewapende rowers het ongeveer 02:00 Donderdagoggend by ‘n plaashuis ingebreek en Robbie (56) en Hester (52) Feldman in hul bed oorrompel.
“Die aanvallers was gewapen met ‘n panga en vuurwapen. Hulle het ‘n skuifdeur oopgebreek en die gesin oorval terwyl hulle geslaap het. ‘n Stoeiery het ontstaan tussen die aanvallers en Robbie en skote is afgevuur, vermoedelik deur een van die aanvallers. Een van die rowers is in die bors getref. Robert is aangerand en met ‘n panga oor die kop geslaan. Hester en hul 16-jarige seun, Frikkie, is herhaaldelik geskop en geslaan en is daarna met skoenveters vasgebind,” het Juna Niemann, woordvoerder vir die De Wildt Helpmekaarmaatskappy (DWHM), gesê.
Die drie oorblywende rowers het die huis geplunder en te voet gevlug met ondermeer skootrekenaars en selfone, na pogings om die gesin se voertuig te steel misluk het. ‘n Huurder op die plaas het ongeveer 04:00 van nagskof teruggekeer en onraad vermoed toe hy sien die Feldmans se huis se deur is oop. Hy het die gesin, steeds vasgebind, in die huis aangetref en hulle losgemaak en hulp ontbied.
“Ons veiligheidstruktuur is na die toneel waar ons een van die vermeende aanvallers in die hoofslaapkamer langs Robbie op die vloer gevind het. Die vermeende aanvaller is in die bors gewond en was reeds dood. Dit is tans nog onduidelik wie die noodlottige skoot afgevuur het,” het sy gesê.
Robbie is per ambulans na George Mukhari-hospitaal vervoer waar sy toestand as ernstig maar stabiel beskryf word.
“My pa is nog onder verdowing. Hy het baie seer gekry. Sy oor is afgekap en dokters het vanoggend sy oor probeer aanwerk,” het René Kriel, Robbie se dogter gesê.
Volgens Rene besit haar pa nie ‘n vuurwapen waarvan sy kennis dra nie.
Afriforum het hulp aangebied met berading vir die gesin asook opruiming van die toneel nadat die polisie ondersoek afgehandel is. Die Akasia polisie het die plaasaanval bevestig. “Al wat ons in dié stadium kan sê is dat daar ‘n plaasaanval was en dat vier verdagtes by die huis ingebreek het en die gesin oorval het. Een van die verdagtes is dood en ‘n polisieondersoek volg,’ het kaptein Riana van Aarde gesê.

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Homemade chicken noodle soup – perfect for the freezing weather

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: