Alta is toerisme-onderwyser van die jaar

Dié kompetisie, wat vanjaar vir die vierde keer aangebied is, is in 2014 deur die Global Travel and Tourism partnership – South Africa geïnisieer en deur die voormalige minister van toerisme bekendgestel. Dit bied die geleentheid vir toerisme-onderwysers landswyd om erkenning te kry vir hulle bydrae tot toerisme-onderrig in Suid-Afrikaanse hoërskole.

Alta se vakadviseur, Stanley Kekana, het haar genomineer vir die toekenning. “Dit is ‘n ongelooflike gevoel wanneer jou harde werk en toewyding raakgesien word. Al die genomineerde onderwysers is beoordeel oor hoe ons ‘n verskil in leerlinge se lewens, in die skool en gemeenskap waar ons onderrig maak en of ons wel die ekstra myl loop vir ons leerlinge. Dit was ‘n ongelooflike gevoel om as die wenner aangekondig te word. Dit is ‘n groot eer en voorreg en ek sien die toekenning as motivering om ‘n beter onderwyser te wees en om ander onderwysers te inspireer.”

Ons moet in ons jeug belê en hulle aanmoedig om positief te wees.

Alta het nie beplan om ‘n onderwyser te word nie. “Dit is nogal interessant hoe ‘n mens se paadjie vir jou toekoms uitgelê is. Hoewel albei my ouers by onderwys betrokke was, het ek altyd gesê dat ek in my lewe nooit ‘n onderwyser sou word nie. Ek het B Tech Ekotoerismebestuur studeer en het in my derde jaar ‘n deel van my praktiese opleiding in Botswana en op ‘n leeuplaas voltooi. Ek het in ‘n onderwyspos afgelos terwyl ek gehoop en gewag het vir ‘n werk in die bos. Dit is toé dat ek besef het dat onderwys eintlik in my bloed is, al het ek hoe hard daarteen baklei. Ek het besluit om my nagraadse onderwysdiploma deur UNISA te voltooi.”

Alta is die afgelope 11 jaar by Die Hoërskool Wagpos betrokke en vertel dat onderwys nie ‘n 07:00 tot 14:00 werk is soos mense dink nie. “Behalwe vir die voorbereiding vir klaswerk wat onderwysers op ‘n daaglikse basis moet doen, is daar ook buitemuurse aktiwiteite smiddae en naweke. Leerlinge wat ‘n verskil wil maak en dankbaar is vir dit wat onderwysers vir hulle doen maak alles egter die moeite werd. Dit is so lekker om met jongmense te werk. Dit hou my aan die gang en ek geniet hulle manier van anders dink as ons. ‘Never a dull moment’ met 30 verskillende persoonlikhede elke periode van elke dag.”

Sy glo dat die jeug soveel meer kan bereik met positiewe rolmodelle. “Ons moet in ons jeug belê en jongmense aanmoedig om positief te wees, eerder as om hulle meer negatief te maak oor die gebeure in ons land. Ons het definitief meer passievolle onderwysers en rolmodelle nodig en ek sal jongmense wat graag ‘n verskil wil maak aanmoedig om onderwys te studeer. Onderwys is so ‘n belonende beroep wanneer mens die verskil sien wat jy aan jongmense se lewens maak.”

Meer oor Alta
• Sy lees graag enige boek deur Francine Rivers of interessante boeke oor die natuur of diere.
• Alta sal heeldag op die strand deurbring as sy die kans kry, maar geniet ‘n bosveldplaas net soveel. Haar ideale vakansieplek sal ‘n bosveldplaas langs die see wees.
• Sy is lief vir tuinmaak en lees en wens dat sy meer tyd gehad het vir teken en verf.

  AUTHOR
Martie van Bavel
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: