Hoop vir die toekoms

“My vrou, Chantell het vir my vertel dat ek wel eendag tydens haar besoek aan my by die hospitaal vir haar gesê het dat ek een oomblik nog gery het, ‘n harde slag gehoor het en toe was alles om my donker.” Andrew is 60m deur die motor saamgesleep en het verskeie lewensbedreigende beserings opgedoen.

“My C2-werwel is in die ongeluk vergruis, wat beteken dat ek van die nek af ondertoe verlam is. Ek het ook verskeie bors-en abdominale beserings opgedoen, het verskeie gesigs-frakture, ‘n gebreekte neus en ‘n gebreekte been en gebreekte arm gehad en het ‘n traumatiese breinbesering opgedoen wat lang- en korttermyn geheueverlies veroorsaak het. Ek was vir amper ‘n maand in ‘n medies-geïnduseerde koma en is geïntubeer en geventileer. Tydens die koma het die dokters vir Chantell gesê dat ek van die nek af ondertoe verlam is. Die dokters wou opereer, maar sy het teen dit besluit, omdat daar geen waarborg was dat die operasie suksesvol sou wees nie en dat my kanse om die operasie te oorleef baie skraal was, omdat hulle so naby aan my brein sou moes opereer. Sy het my vertel dat ek ‘n paar dae na die dokters die nuus aan haar gebreek het, haar hand met my duim gevryf het. Die dokters het vir haar gesê dat dit ‘n normale spierrefleks was, maar sy het aangedring dat toetse gedoen word. My C2-nekwerwel, wat vergruis was, het binne ses dae sodanig herstel dat ek my arms kon gebruik. Die dokters het dit as ‘n mediese wonderwerk beskryf. Vandag kan ek darem beweeg, al is dit minimaal.”

My werk op aarde is duidelik nie klaar nie. Dit het nou maar eers begin.

Andrew is meer as twee jaar later steeds bedlêend. “ Beide my heupe moet vervang word. Dit sal hopelik help dat ek in ‘n rolstoel kan sit en uit die bed uit kan kom. Ek lê nou al vir 2 jaar en 4 maande elke dag, heeldag op my rug. My een knie moet ook vervang word. Ons weet nog nie presies wat die skade aan my bene en enkels is en watter operasies nodig gaan wees om dit te herstel nie. My regter elmboog is gevries in ‘n gebuigde posisie en my gebreekte linker bo-arm is nooit geopereer nie en is korter as my regterarm as gevolg van die bene wat bo-oor mekaar teruggegroei het.

My linker-arm is skeef geheg, beide my pinkies moet geamputeer word en my C1- en C2-nekwerwels moet aanmekaar geheg word. Ons het ‘n geskatte R1.2 miljoen nodig vir al die operasies.”

Voor die ongeluk was Andrew werksaam as ‘n plaasbestuurder. “Ek was dol oor my lewe op die plaas. Ek was nog altyd ‘n buitelug-mens en om skielik in ‘n kamer vasgevang te wees, aan ‘n bed gekluister, is maar moeilik. Ek mis dit die meeste om te kan rondbeweeg en met my hande te kan werk om vir my gesin te sorg. Ek mis dit om te staan en braai, om met my vrou te dans, al sê sy ek het twee linkervoete, en veral om my seuntjie vas te hou. Daar is soveel wat mens as vanselfsprekend aanvaar. Daarom is dit so belangrik om dit wat jy wil doen, vandag nog te doen, want jou lewe kan in ‘n oogwink verander.”

Andrew laat nie sy omstandighede toe om hom onder te kry nie. “My vrou en my kind motiveer my om elke dag aan te gaan. Ek wil hulle eendag weer vashou, stywe drukkies gee en wil saam met my seuntjie kan hardloop, balskop en speel. Ek wil nie net sien hoe hy groot word nie, ek wil ‘n deel wees daarvan. My geloof is nou sterker as ooit tevore. Ek glo vas dat ek eendag nog gaan staan en aan mense vertel hoe groot en goed God is.

Die dokters kon nie verstaan hoe ek die ongeluk oorleef het nie en die verwagting was dat ek nie die eerste aand na die ongeluk sou oorleef nie. My wilskrag is nou sterker as ooit tevore. Ek dink soms dat ek my deursettingsvermoë en dit wat ek in staat is om te doen voor die ongeluk onderskat het. My werk op aarde is duidelik nie klaar nie. Dit het nou maar eers begin.”

Volg Andrew se storie op facebook by ‘Tweede kans vir Andrew’. Kontak Chantell by 061 323 6070 indien jy Andrew op enige manier kan help.

  AUTHOR
Martie van Bavel
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: