Omstrede dwelm vrylik beskikbaar in Hartbeespoort en Brits

Die Kormorant kon die afgelope week by sekere winkels bloot vra daarvoor en dit is onmiddellik oorhandig. By een winkel was dit sommer by die kassier uitgestal. Daar is nêrens ‘n aanduiding op die pakkies wat die middel is nie en by navraag het dit geblyk dat niemand in die winkels weet wat die middel bevat nie. “Dit het baie skop en is baie sterk,” het een winkelassistent gesê.
Die videos wys twee gevalle van kinders en jong mense wat die dwelm gebruik het. Die afgelope week moes minsters 13 mense, waaronder jong kinders, hospitaal toe geneem word vir behandeling na hulle die dwelm gerook het.
Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, verskil die simptome van persoon to persoon wat hulle behandel het. “Die simptome het gewissel en ons het onder meer psigose, hiperaktiwiteit, braking, hallusinasies en selfs bewussynverlies waargeneem. Dit is duidelik dat die middel op verskillende maniere manifesteer. Dit is lewensgevaarlik weens die kombinasie van bewussynverlies en braking. Dit kan ‘n persoon se dood veroorsaak,” het Loubser gesê.


Best Care het ‘n ongevalle-dokter by ‘n bekende hospitaal in Pretoria genader om die dwelm te ontleed. Volgens dr Neville Vlok, het voorlopige toetse gewys dat die middel onder meer dagga, metamfetamien (Tik), Esctacy, Mandrax en ketamien bevat. Die dwelm word nou forensies getoets.
“Veral metamfetamien is uiters gevaarlik aangesien dit ‘n direkte impak op die neurotransmitters van die brein het en selfs een keer se gebruik kan permanente skade aanrig,” sê Vlok.
Loubser sê dit is vir noodpersoneel ‘n kommerwekkende situasie. “Dit moet dringend aangepreek word. “Op die meegaande video, vra ‘n ma van een van die slagoffers dat ouers hul kinders se gedrag dophou. “Ek het nie geweet waaroor my kind se gedrag verander het nie. Nou weet ek waaroor…”

  AUTHOR
Daleen van Manen
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: