Gemeenskaps- betrokkenheid

Die aantal mense wat Donderdag 8 Januarie se vergadering by die Kuierkerk bygewoon het was seker almal verbaas oor hoeveel mense daar was.Almal was in afwagting want hier gaan ernstige sake bespreek word.
Ongelukkig was almal aan die einde teleurgesteld. ‘n Gedeelte was teleur-gesteld oor die polisie nie meer aangevat is oor hulle dienslewering nie. ‘n ander gedeelte was teleurgesteld oor daar geen positiewe voorstelle gemaak is nie.
Niemand het gevra, “hoe kan ons die polisie help om hulle taak makliker te maak?” nie.
Niemand het gevra, “wat kos dit om ‘n buurtwag te bedryf?” of “Wie betaal dit?” nie.
Niemand het gevra, “wat het julle nodig?” nie.
Dink net as elkeen wat daar was R100 bygedra het hoeveel hulpmiddele kon vir die buurtwagte gekoop word.
Niemand het voorgestel dat ‘n groep kundiges ‘n traumaberadingsgroep stig om slagoffers te help, of om finansiële steun te verleen waar nodig nie.
Ons gemeenskap het baie kundige mense op verskeie gebiede, maar dit wil nie so voorkom as jy vegaderings soos hierdie bywoon nie.
Voordat ons nie ‘n ander benadering begin volg nie, gaan daar altyd ‘n situasie wees van ‘ons’ en ‘hulle’.
‘n Agenda vir ‘n volgende vergadering moet miskien die volgende punte hê:
• Hulpmiddels benodig en beskikbaar
• Kundigheid benodig en beskikbaar
• Ondersteuningsgroepe benodig
Ek hoop dat hierdie skrywe ‘n positiewe reaksie tot gevolg sal hê.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
The lion experience