Afriforum Hartbeespoort het dié week padverf en toerusting aan Madibeng verskaf vir die opknapping van paaie in die dorp.

Munisipale werkers het Dinsdag in Scott- en Tielmanstraat by Village Mall begin om opnuut lyne te verf. Nuwe padmerke sal in Scottstraat vanaf Wimpy tot die damwal geverf word. Schubartstraat en ander hoofpaaie sal dan volg. Madibeng is die afgelope paar weke ook hard besig om slaggate in Hartbeespoort se paaie te herstel.