Afriforum, sekruiteit vang motordiewe

Lede van die AfriForum-buurtwag en sekurtiteitsbeamptes het verlede Saterdag kardiewe op heterdaad betrap en gevang na hulle inligting oor ‘n poging tot motordiefstal ontvang het.

Car thief using a tool to break into a car.

“Lede van die buurtwag het verlede Saterdag omstreeks 17:45 inligting ontvang oor verdagtes wat besig is om ’n voertuig in die Zandfontein-omgewing te steel. Die buurtwag en PPS Sekuriteit (PPS) is na die toneel ontplooi. PPS het een van die verdagtes aangekeer, terwyl ’n ander verdagte gevlug het.

Die Mooinooi-SAPD het die verdagte op die toneel in hegtenis geneem en beslag gelê op die gereedskap wat gebruik is om die misdaad te pleeg,” het Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder, gesê.

“Dit is lekker om te sien hoe AfriForum se Brits-buurtwag, PPS en die SAPD saamwerk om misdaad te bekamp. ie gemeenskappe se veiligheid is vir AfriForum uiters belangrik en dus sal ons nooit stop om misdadigers vas vat nie,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder.

Die Brits-tak werk ook tans saam met Protego Sekuriteitsgroep en Monitor Net om Brits-inwoners se veiligheid te verseker.”