Afriforum verf randstene vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het gedurende Julie die randstene en padmerkers by verkeie kruisings in Hartbeespoort geverf.

Afriforum-span besig om randstene in Schoemansville te verf.

“Die padmerkers en randstene in Hartbeespoort het al met die jare begin onduidelik raak en AfriForum se Harties-tak het besluit om inisiatief te neem en dit self oor te verf. Die inwoners wat verbygery het, het die tak aangespoor,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Die tak het ook met die Madibeng plaaslike munisipaliteit vergader om die verf van die padmerkers te bespreek. AfriForum bedank dié munisipaliteit wat binne ’n week daarna begin het om die oorblywende padmerkers te verf. Daar is nog baie werk wat voorlê in Hartbeespoort en die plaaslike AfriForum-tak sal aanhou hard werk om sulke projekte volhoubaar te dryf. AfriForum vra ook die gemeenskap om betrokke te raak, hetsy met donasies of handearbeid.

Kontak Dennis Webster vir meer inligting by 082 435 5636.