
‘n Twee-en-sewentigjarige man is Woensdagoggend op sy plaas buite Brits wreed deur drie aanvallers aangeval en ernstig beseer.
Cornelius du Plessis is ongeveer 05:00 buite sy huis deur drie mans oorval en met ‘n baksteen en ysterstaaf geslaan.
“Du Plessis is na buite om te kyk na die gastoevoer na die huis toe die drie mans op hom toegeslaan het. Een het ‘n klapmus gedra. Hulle het hom met ‘n baksteen en ysterstaaf aangerand en hy het ernstige besering opgedoen,” het kaptein Aafje Botma, polisiewoordvoerder, gesê.
“Dit verdagtes is toe in die huis in en het items soos ‘n televisiestel en skootrekenaar gesteel voor hulle te voet op vlug geslaan het.”
Cornelius se vrou, Johanna du Plessis (77) was in die huis en is nie beseer nie.
Cornelius is tans in die Brits Mediclinic.