
Die bekende kunstenaar, Kobus Moller, van Brits het dié week negatief getoets vir Covid-19 na hy twee weke gelede positief getoets is en in kwarantyn geplaas is. Hy is op 24 Maart positief getoets vir die virus na hy vroeër in Maart van Amerika teruggekeer het.
“Vandag wil ek met nederigheid en met die grootste dankbaarheid teenoor die Here die goeie nuus deel dat vir ‘n tweede keer getoets is en dié keer negatief bevind is,” het hy in ‘n plasing op Facebook geskryf. Moller het ook gesê sover hy kon vasstel, het niemand wat met hom in aanraking was die virus opgedoen nie.
“Die department van gesondheid was voortdurend met my in aanraking. Ek haal my hoed af vir die wyse waarop hulle my, en almal wat met my in aanraking was, gemonitor het.
Moller het in geen stadium simptome gehad of siek gevoel van die virus nie. Hy het besluit om homself te laat toets omdat dit geblyk het dat mense om hom nie op hul gemak was na hy van Amerika teruggekeer het nie. “Ek het myself laat toets om hulle gerus te stel en daar het ek toe die virus,” het hy kort na hy die uitslag ontvang het aan Kormorant gesê. “Gelukkig ly ek erg aan vlugvoosheid en na my terugkeer het ek nie veel uitgegaan nie. Ek was by ‘n kerkdiens en het ‘n kunskursus bygewoon.”
Dear reader,
Coronavirus reporting by Kormorant in partnership with Caxton Local Media aims to combat fake news.
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Kormorant is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Kormorant follows a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact Kormorant editor Deon van Huizen (deon@kormorant.co.za), National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).