Suid-Afrika se bekendste ‘siener’, Gerald Burger het verlede week die publiek in Hartbeespoort ontmoet en toegespreek tydens die bekendstelling van die boek ‘Die Siener: Deur Die Oë van Gerald Burger’ wat deur die joernalis Yolanda Barnard-Lemmer geskryf is.

Jancke van As van Bargain Books, Gerald Burger en skrywer, Yolanda Barnard- Lemmer.

Burger het in 2019 die hoofkarakter in sy eie reeks, Die Siener, wat op kykNET uitgesaai is, geword. Dié reeks het op die stasie se top 10-programme geboer. Dit is nou nog op Showmax beskikbaar. Die Siener: deur die oë van Gerald Burger bied ‘n in-diepte blik op die lewe van ‘n heldersiende, ‘n individu wat geseën is met die gawe om met die bonatuurlike te kommunikeer, om onwelkome gaste te help om na die “anderkant” oor te gaan. Die boekbekendstelling is deur Bargain Books by Mugg & Bean gehou.

Also Read:

  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits
  • Categories: News
    Local flower wins another international award