aanbieder en akteur, Hannes van Wyk

Hannes van Wyk

Die bekende aanbieder en akteur, Hannes van Wyk, en Gospel-sangeres Ronéll Erasmus, tree Saterdag, 21 Oktober, ten bate van Bateleur Aftreeoord in Hartbeespoort op. Hannes is veral bekend as aanbeider van Kwela en Hannes aan Huis op KykNet, sowel as vir die rol as ‘n senior burger in die TV-reeks, Magda Louw. Ronéll Erasmus, bekende Gospel-sangeres en kunstenaar in eie reg, sal in die voorprogram optree. In sy optrede “Oggend saam met Hannes van Wyk“, bring Hannes hulde aan sy ma en ander vroue wat ‘n groot impak op sy lewe gehad het.
Die vertoning vind vanaf 10:00 by die Gereformeerde Kerk, Maraisstraat, plaas. Ingang kos R150 per persoon en sluit ligte verversings in. Enige navrae kan gerig word aan Dina Boshoff by 082 787 115 en Gerda Labuschagne 083 388 9456.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident