Een van Suid-Afrika se voorste ultramarathonatlete, Bennie Roux, pak van 28 tot 30 Oktober ‘n wedloop aan om die slagoffers van plaasaanvalle in De Wildt en Brits te ontmoet. Die wedloop het ten doel om ‘n bewusmaking te skep van slagoffers se trauma en geld vir berading in te samel.

Bennie Roux

Die #HardloopVirHoop-projek is ten bate van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid. Die eenheid lewer ‘n unieke en persoonlike diens aan die slagoffers van geweldmisdaad, en veral aan die slagoffers van plaasaanvalle. Bennie (42), ‘n ultramarathon-atleet van Centurion, sê die saak lê hom na aan die hart want hy het self vriende en familie wat op plase aangeval is.

Gedurende die wedloop gaan Roux by plase verby draf waar plaasaanvalle plaasgevind het en saam met die AfriForum Trauma-eenheid die naasbestaandes besoek.

Also Read:

  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits
  • Categories: News
    Local flower wins another international award