Maak gerus dié naweek ‘n draai by die gewilde Herfsmark van die Gereformeerde Kerk in Maraisstraat in Schoemansville en geniet ‘n wye verskeidenheid stalletjies, kuns, handwerk, vleis teen winskooppryse en natuurlik, heerlike eetgoed.

Die Herfsmark duur tot Maandag, 1 Mei. Dié mark bied jaarliks aan die gemeenskap die geleentheid om hul unieke produkte te vertoon en te verkoop. Afgesien van die heerlike eetgoed wat gedurende die dag in die teetuin geniet kan word, is daar ‘n vasgestelde spyskaart vir aandetes.
Vir meer inligting besoek die webtuiste www.herfsmark.co.za of die Facebook-blad, Hartbeespoort Herfsmark.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident