Boer skenk 36 ton aartappels vir behoeftiges
Wat gemaak as jy skielik ‘n skenking van 36 ton aartappels ontvang?
Vra vir lede van Solidariteit Helpende Hand wat verlede week moes bontstaan toe 1340 sakke aartappels in Brits opdaag.
Desiree Oosthuyzen, Solidariteit Helpende Hand se streeksorganiseerder, sê die organisasie was uiters dankbaar toe ‘n boer van Christiana hulle laat weet hy stuur vir hulle ‘n trok vol aartappels vir die organisasie se voedingskema.
“‘n Trok vol aartappels… ons sal dit sekerlik in ‘n motorhuis of twee kan stoor vanwaar ons dit uitdeel… maar toe daar 1340 sakke wat 36 ton weeg op! Ons het nie ‘n benul gehad nie, lag sy.
Almal wat kon, het geskarrel om te help. Modelpark in Brits het hul skuur aangebied waar die waardevolle vrag gestoor kon word en alle beskikbare lede van die organisasie het ingespring om die aartappels so gou moontlik by welsynsorganisasies te kry.
“Ons streek het die voorreg gehad om 27 welsynsorganisasies te help.” Die aartappels is aan kinderhuise, plekke van veiligheid, ouetehuise, voedingskemas en behoeftige nedersettings in Brits en Hartbeespoort geskenk.