Boeremark heropen in Hartbeespoort

Kom ondersteun die Chameleon Boeremark wat Saterdag, 27 Junie, wat vir die eerste keer sedert die inperking aangekondig is, weer oop is.

Vir die sowat 70 uitstallers wat die afgelope drie maand nie ‘n inkomste met markte kon verdien nie, is die heropening ‘n groot geleentheid.

Besoek die mark propvol varsprodukte, suiwelprodukte, heerlike kos, drinkgoed, handwerk en vele meer. Bekende musikante soos Blackie Swart en die Willie Mynhardt Boereorkes sal tydens die mark optree. Die mark begin 10:00 by Chameleon Village.