Die jaarlikse Bosveldbasaar van die Nederduitsch Hervormde Kerk Schoemansdal vind weer op 27 en 28 Mei plaas.

Die fees skop Vrydagaand af met ‘n Konkabraai en die musiek van Pieter Smith. Saterdag, 28 Mei, vanaf 08:00 kan inwoners lekker gaan kuier, koop, eet en na die musiek van kunstenaars, Wynand en Cheree Strydom, Fatman – van The Voice SA-faam – en Riaan Benade luister.
Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak Maxi Brits by 084 585 5481/012 253 0146 vir meer besonderhede.