Die AfriForum-buurtwag in Brits is op 27 November 2021 tydens AfriForum se jaarlikse veiligheidstoekennings aangewys as Buurtwag van die Jaar vir die sentraalstreek (KwaZulu-Natal, Noordwes en die Vrystaat).

Die Afriforum Brits buurtwag.

Die voorsitter, Thys van Heerden het ook die toekenning ontvang vir Buurtwagleier van die Jaar vir dié streek.

Dié buurtwag bedien 11 sektore wat strek vanaf Zilkaatsnek tot Soutpansdrif en bestaan uit 22 sektorleiers. Die Brits-tak het tans 822 lede en 194 buurtwaglede.

“Die toekennings getuig van die uitstekende diens wat AfriForum se vrywilligers – op hul eie tyd en onkoste – aan die gemeenskap lewer. AfriForum se doel is om ’n veilige en beter gemeenskap te skep deur mense in staat te stel om verantwoordelikheid te neem vir hul eie veiligheid,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons is baie dankbaar om hierdie toekennings te ontvang, dit is definitief die resultaat van goeie spanwerk en kommunikasie tussen die verskeie sektore. Ek is trots om te sê dat ons veiligheidstruktuur goed georganiseer is en dat dit ons help om ons gemeenskap veiliger te maak. Baie dankie aan elke buurtwaglid,” sê Van Heerden, leier van AfriForum se Brits-buurtwag.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident