‘n Boer (31) van ‘n bekende boerdery in die Brits-omgewing is verlede Dinsdag tydens ‘n ystervarkjag in Limpopo glo per ongeluk deur sy vrou doodgeskiet. Sy 25-jarige vrou is kort daarna in hegtenis geneem.


Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba is Freek Kloppers glo ongeveer 19:00 op Dinsdag, 6 Junie, deur sy vrou, Megen, met ‘n ongelisensieerde vuurwapen op ‘n plaas in die Northam-distrik doodgeskiet. Die polisie het nie meer inligting bekend gemaak nie.
Megen Kloppers is in hegtenis geneem op aanklagte van strafbare mansslag en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie. Sy het reeds in die hof verskyn en is in aanhouding tot haar volgende verskyning. Dit is nog nie bekend wanneer sy vir borgtog sal aansoek doen nie.
Intussen het familielede ‘n fonds gestig om haar finansieel te help met regskostes.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident