Boere naby Brits gaan die afgelope maand gebuk onder diefstal van kabels en boorgatpompe.

Volgens Janus Fourie van die Krokodil Gemeenskapsbeskermingsgroep het dié soort diefstal die afgelope maand skerp toegeneem en bedreig boerdery-aktiwiteite.
In een van die gevalle, was die groep diewe gewapen en het op wagte op die plaas geskiet.
“Ons het van die verdagtes al gevang en aan die polisie oorhandig. Ons het ook inligting aangaande die diefstalle bekom en aan die polisie deurgegee. Dit is tans ‘n groot probleem en ‘n moeilike situasie vir die boere om te hanteer. Boerdery kom vir ‘n tyd tot stilstand na diefstal van infrastruktuur.”