Brits Ford se spoggerige nuwe perseel

Brits Ford spog nou met ‘n nuwe luukse perseel by die Magalies Hills-winkelsentrum in Brits en kliënte kan nou selfs heerlik oor ‘n koppie koffie kuier en iets te eet terwyl hulle wag.


Dié motorhandelaar het onlangs van die perseel in Van Deventerstraat verskuif na die ruim perseel by Magalies Hills en die vertoonwinkel kan met die beste in die wêreld vergelyk word.
“Ons is baie trots op ons nuwe perseel. Ons is in ‘n mooi omgewing wat meer toeganklik en gerieflik is vir ons kliënte,” sê Climencia Engelbrecht, bemarkingsbestuurder by Brits Ford.
Die nuwe perseel is ‘n vertoonruimte vir nuwe en gebruikte motors en spog met ‘n dienssentrum en onderdele-afdeling. Boonop is daar nou die Mustang Alley Bistro waar kliënte rustig oor eetgoed en ‘n koppie boeretroos kan ontspan terwyl hulle op hul motors wag.
Brits Ford nooi almal uit om by die nuwe perseel te kom inloer en ‘n koffie te geniet by die oulike koffiewinkel.
Kontak Brits Ford by 012 252 3333 of besoek die webtuiste www.britsauto.biz.