Brits-ouetehuis onder kwarantyn weens Covid-19-geval

Die Brits Rusoord tehuis vir bejaardes in Brits is onder kwarantyn geplaas na ‘n inwoner positief vir Covid-19 getoets is.

Die bestuurder van Brits Rusoord, Trudie van Schalkwyk, het Vrydagmiddag aan Kormorant gesê dat hulle nie in dié stadium meer inligting bekend kan maak nie.

“Ons het ook maar pas uitgevind en dit is gevolglik baie besig hier op die oomblik. Almal word vanmiddag getoets en ons sal later meer inligting kan gee.”

Die tehuis vir bejaardes het sowat 150 inwoners en volgens die oord se webtuiste, is die gemiddelde ouderdom van inwoners 82 jaar.

SIEN OOK: Die Hoërskool Wagpos sluit na matriekleerling positief toets vir Covid-19