Laerskool Brits se atlete het puik tydens die afgelope Noordwes atletiekkampioenskappe presteer. Hierdie atlete het almal persoonlike beste tye en afstande behaal. Joshua Gouws (onder 12) gaan na die SA-kampioenskappe as die no 1 verspringatleet in Noordwes met sy wenafstand van 4,84 m.
