Broedies netbalspelers blink uit

Broedies se netbalspanne het skoonskip gemaak teen Laerskool Generaal Nic Smit.

Die eerste span het met ‘n weghol 35 – 2 gewen. Die spelers is van agter juffrou Suné Engelbreght, Janique Gouws, Karla van Staden, Jamy Lee Zevenster, Emmi Grobbelaar, en voor, Serelda Potgieter, Isabella Grobler en Mia Botha.

Al die spanne het hul wedstryde gewen en die onder 12- en onder 13-spanne het die liga gewen.