Broedies se top atlete

Leah Suter en Vicu Scholtz van Laerskool Broederstroom het aan die atletiekwyksbyeenkoms deelgeneem. Leah het ‘n eerste plek in die 60m dogters onder 7-afdeling behaal, en Vicu ‘n eerste plek in gewigstoot, 150m en 100m seuns onder 12. Hy neem dié week deel aan die distriksbyeenkoms.