Broeklose motorfietsryers het Sondag gewis vir opwinding gesorg toe meer as 100 ryers ten bate van ‘n anti-stropery bewusmakingveldtog vanaf Pretoria in hul onderklere Broederstroom toe gery het.

Die AntiPants-AntiPoaching-konvooi het by die Uniegebou in Pretoria weggetrek en in onderbroeke en broekies ten bate van anti-leeustropery na ‘n kuierplek in Broederstroom gery.

Volgens the organiseerder van die rit, Skinny van Schalkwyk, het die liefdadigheidsritte sowat drie jaar gelde, met net ses mense en ‘n uitrit in protes teen renosterstropery, begin. “Vandag is daar meer as 100 motorfietsryers wat saamry en ‘n standpunt teen stropery inneem,” het hy aan Rekord East gesê.

Hoewel onderklere nie verpligtend was nie, moes diegene wat ten volle geklee was ‘n ekstra R100 betaal wat vir leeubewaring geskenk word.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident