BUCO, Soetdoring maak kinderharte bly

BUCO Brits se span het verlede week saam met die Soetdoring Geleentheidsfonds-welsynorganisasie weeskinders se harte verbly toe hulle by ‘n kinderhuis in Sonop swaaie opgerig het en die geboue ‘n nuwe baadjie met verf aangetrek het.

Die BUCO-span besig om die swaaie by die kinderhuis op te rig.

Die welsynsorganisasie kon met BUCO, Pick n Pay en ander weldoeners se skenking die kinders bederf met ‘n kombers, lekkers en aktiwiteite. Dankie aan almal wat hulle harte vir die kinderhuis oopgemaak het.

Die Soetdoring Geleentheidsfonds versorg honderde behoeftige gesinne en kinders in Madibeng en werk nou saam met Solidariteit Helpende Hand.

Die organisaise bied op 13 September ‘n Gholfdag by Magaliespark aan om fondse vir ‘n bussie in te samel. Die gemeenskap word uitgenooi om ‘n potjie gholf te kom speel en terselfdertyd die behoeftiges in die omgewing te help. Vir meer inligting oor die gholfdag, bespreking, borge en pryse, kontak Elmari by 082 749 4546.
Vir meer inligting oor die organisasie, kontak Jolanda 061 054 4194.