In die lig van die toename in huisbrake en rowe in die omgewing, het ‘n groot groep buurtwaglede, sekuriteitsmaatskappye en polisielede Vrydagaand kragte saamgespan tydens ‘n massapatrollie in Hartbeespoort.

Sowat 50 mense het by Sediba Plaza bymekaar gekom van waar hulle die dorp gepatrolleer het. Daar is ook gekonsentreer op die Syferfontein en Rietfontein landelike gebied.