Die Melodie/Ifafi buurtwag in Hartbeespoort is tans besig met die oprigting van kameras vir beveiliging van die gebied.

“Ons het reeds ses kameras op twee pale wat Ou Wapad en die Howitzer- Amandastraat-kruising monitor, en ons beoog om nog kameras op strategiese plekke soos by ingange van Ifafi en Melodie op te rig,” sê buurtwagvoorsitter, Marius de Villiers.

“In samewerking met PWV Sekuriteit beplan ons ook om hulle kameranetwerk uit te rol wat gesamentlik gemonitor gaan word. Ons bedank Rhuan van Megs Harties vir die donasie van kameras en gebruik van sy netwerk.”

Ifafi/Melodie Buurtwag is ook reeds besig met ‘n projek om dié gebiede skoon te maak, te verf waar nodig, gras te sny en slaggate reg te maak.

“Ons buurtwaglede en ander rolspelers verrig hierdie diens vrywillig. Die buurtwag is ‘n nie-winsgewende organisasie en is totaal afhanklik van die gemeenskap en plaaslike besighede vir donasies asook vrywillige diens van hulle lede. Enige bydraes van die gemeenskap sal baie welkom wees om ons werksaamhede voort te sit om ons dorp reg te ruk en te beveilig. Misdaad het aansienlik verminder in Ifafi en Melodie sedert die stigting van die buurtwag in 2008. Buurtwaglede patrolleer elke aand en ons het fondse nodig vir die buurtwag se voortbestaan.
Vir meer inligting of om donasies te maak, kontak Marius by 082 773 7148.

Die buurtwag se rekeningbesonderhede is Standardbank Hartbeespoort, rekeningnommer 015060667.
Inwoners word ook versoek om kameras te borg.

Also Read:

  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits
  • Categories: News
    Local flower wins another international award