Lede van die Afriforum buurtwag en ‘n sekuriteitsmaatskappy het Donderdag verdagtes angekeer wat dwelms en ammunisie in hul besit gehad het.

AfriForum-buurtwaglede het Donderdagaand om 19:00 tydens ’n patrollie ’n verlate voertuig op ’n grondpad buite die dorp opgemerk. Hulle het die voertuig genader en naby die voertuig op verdagte persone afgekom. Die verdagtes is met die hulp van Monitor Net- en PPS- sekuriteitsdienste gekonfronteer, waarna die polisie gekontak is omdat dwelms en ammunisie by die verdagtes gekry is. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem.
“AfriForum se Brits-buurtwag is daarop gefokus om misdaad te bekamp en ons is daarom dankbaar dat die verdagtes vasgetrek kon word. Dié geval beklemtoon weereens die belangrikheid van samewerking en proaktiewe optrede in die bekamping van misdaad. Hierdie sukses sou onmoontlik gewees het sonder die toewyding van die buurtwaglede, goeie kommunikasie en die ondersteuning van die sekuriteitsmaatskappye nie,” sê Thys van Heerden, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Brits-tak.