Lede van die Ifafi/Melodie buurtwag het Sondagoggend kardiewe gefnuik toe die diewe hulle toevallig in buurtwaglede op partrollie in Schoemansville vasgeloop het.

“Buurtwaglede was ongeveer 04:45 op soek na ‘n verdagte met ‘n televisiestel wat op veiligheidskameras in ‘n straat in Schoemansville gesien is. Terwyl hulle besig was met die soektog, het twee voertuie uit Schoemansville gejaag gekom. Die lede het die voertuie by die verkeerslig by Village Mall gestop en die verdagtes het uitgespring en die veld ingevlug,” het Marius de Villiers van die buurtwag gesê.
Daar is later vasgestel dat een van die voertuie, ‘n Hyundai H100-trokkie kort tevore uit ‘n erf in Maraisstraat gesteel is. Die diewe het hul Nissan NP200 ook op die toneel gelos toe hulle gevlug het.
“Die polisie het op albei voertuie beslag gelê en die eienaar van die gesteelde Hyundai H100 het sy voertuig uitgeken. Ons wil almal bedank wat kom help het,” het De Villiers gesê.