Schools

Olienpark dansers presteer

Kiaan van Deventer en Larissa van Deventer van Laerskool Olienpark het aan die D.A.N.C.E International American Dance Awards-kompetisie deelgeneem en presteer. Kiaan het ‘n hoë silwer-toekenning ontvang en Larissa het drie goue medaljes verower.

Verkenner Amyké

Amyké Hattingh, ‘n graad 12-leerling van Die Hoërskool Wagpos, het onlangs die hoogste toekenning wat op skolevlak toegeken kan word, dié van Presidentsverkenner van die Voortrekker-beweging te ontvang.

Twee A’s vir Chris-Jan by kunstefees

Chris-Jan Strydom van Broederstroom het aan twee klavieritems by die Noordwes kunstefees deelgeneem. Hy het ‘n A-simbool vir albei items behaal.

Hartbeespoort nagtegale

Karmen de Villiers en Izaan van Niekerk het aan die koorwêreldspele in Pretoria die afgelope vakansie deelgeneem.

Infinity dansers tops op TV

Dansers van Infinity Dance Studio het die afgelope naweek aan die danskompetisie ‘Dans in jou taal’ wat op Kyknet uitgesaai word, deelgeneem. Hulle was episodewenners en dring deur na die finale rondte.

Radikale sprekers

Agt leerlinge van Die Hoërskool Wagpos het aan die Radikale Redenaars-kompetisie deelgeneem. Hulle het sewe A’s verwerf.

Húlle skiet in die kol

Vier skuts van Die Hoërskool Wagpos het tydens die Noord-Gauteng skyfskietliga 5-byeenkoms hulle plek in die Noord-Gautengspan oopgeskiet. Hulle gaan in Oktober aan die Suid-Afrikaanse skyfskietkampioenskappe deelneem.

Meerhofskool vereer voormalige hoof

Mevrou Rita Burgers, afgetrede skoolhoof van Meerhofskool, het tydens haar loopbaan die visie gehad om die laerskool- en hoërskoolafdelings by die skool van mekaar te skei sodat elke afdeling sy eie geboue kon hê waar die leerders onderrig ontvang.

Sandrifters in Kwena-span

Vyf leerlinge van Laerskool Sanddrift is onlangs by die onderskeie Kwena-krieketspan ingesluit.
Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Kormorant


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Kormorant

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: