Oktober is borskanker bewusmakings-maand en op 31 Oktober 2022 het Chas Everitt Hartbeespoort en LVP Prokureurs hande gevat in ‘n projek ten bate van Brits-Hartbeespoort Hospice.

Hospice versorg tans 118 pasiënte en voorsien ‘n wye spektrum van dienste aan terminaal siek pasiente. Lynette Janse van Rensburg, die bestuurder van Brits-Hartbeespoort Hospice het die agente van Chas Everitt en die personeel van LVP toegespreek by ‘n funksie by Vovo Telo, waartydens kospakkies met nie-bederfbare kos aan haar oorhandig is ter ondersteuning van die pasiente en hulle gesinne wat in baie gevalle swaar kry weens die koste van medikasie of gebrek aan inkomste waar die broodwinner siek word. Sy het tydens die funksie vertel dat daar geen ondersteuning van die regering is vir terminale pasiente nie en dat Hospice slegs die palliatiewe versorging wat hulle lewer kan voorsien met die hulp van instansies wat hande vat en hulp aanbied. Enige iemand wat hulp wil aanbied of enige navrae het kan vir Lynette skakel by 012 252 4133 / 083 536 6997 of e-pos by hospicemanager@eject.co.za