Colop Marking Solutions SA vier dié maand hul 20ste verjaarsdag. Colop het twintig jaar gelede, op 1 November 2000, hul deure in Hartbeespoort geopen want hoewel hul kliënte oor die hele Suider Afrika versprei is, wou hulle hul besigheid vanaf Hartbeespoort se pragtige omgewing bedryf.

Die personeel van Colop

“Die rustige omgewing het ‘n positiewe invloed op die personeel, wat ook deurvloei na die kliente,” sê eienaar, Cobus Jerling.

Colop versprei inkstempels in Suidelike Afrika. Behalwe die kantoor in Melodie, het hulle ook kantore in Kaapstad en Windhoek. Maandeliks word duisende stempels aan stempelmakers en skryfbehoeftehandelaars verskaf. Talle van die meer as 600 aktiewe handelaars, het ook hul stempelvervaardigingtoerusting en lasers by Colop en sy laserafdeling, Gencotech Laser Marking. aangeskaf.

Om hulle 20ste verjaarsdag te vier, het Kyknet se Ontbytsake-program, verlede week ‘n bemarkingsinsetsel by die Colop-perseel in Melodie verfilm. Die insetsel sal op 21 November 2020, op die Ontbytsake-program vertoon word. Dawie Roodt, die aanbieder van Ontbytsake, sal ook ‘n onderhoud met Cobus Jerling en Bradley de Meuse voer.

Meer inligting oor hul innoverende nuwe produk, die e-Mark sal op die program bekend gestel word.word. Die produk is ‘n mobiele, veelkeurige drukker wat in jou hand pas en vanaf jou slimfoon of rekenaar beheer kan word. Meer inligting kan op die webwerf: https://emark.colop.com verkry word.

Cobus Jerling (links) saam met Sean du Preez en Kobus Delport van Ontbytsake tydens die verfiming van die program.

“Ons bedank al ons kliente, familie en vriende vir hul ondersteuning deur die jare. Besoek ons gerus persoonlik in Melodie of besoek ons webwerf: www.colop.co.za.”

Also Read:

  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits
  • Categories: News
    Local flower wins another international award