
Danté saam met haar oupa, Renier Engels en Kallie Knoetze.
‘n Suksesvolle gholfdag is onlangs by Magalies Park aangebied om geld in te samel vir lewensgewende medikasie vir ‘n sewejarige sistiese fibrose-lyertjie van Hartbeespoort.
Danté Linde, wat by geboorte reeds met sistiese fibrose gediagnoseer is, moet dringend medikasie kry wat van die buiteland ingevoer word. Haar mediese fonds dek egter nie dié medikasie wat honderde duisende rande kos nie. Die medikasie sal Danté se lewensgehalte vebeter.
Familie en vriende van die gesin het die gholfdag gereël om Danté te help. Die dapper klein meisie het dan ook self die veld vir die gholfspelers geopen.
“Ons wil graag van die familie se kant af al die borge die spelers en almal wat betrokke was en die dag met ons gedeel het, bedank. Die gemeenskap se hulp beteken meer vir ons as wat woorde kan sê,” het Douwlene Niewoudt namens die familie gesê.